ǁKhoreǁhare.

Voordwoord

Hierdie is my joernaal waar ek al my gedagtes omskep in gedigte. Vrye vers, vol foute nes Ek as mens. Dit is in my dialek pront uit Upingtoner.

 

As tiener wou ek nog altyd verandering aanbring maar nooit geweet hoe nie, ek het ‘n lifde vir poetry gehad maar taal was nie my sterk punt nie. Ek’t basies geen talent gehad nie. Wel die en vele ander aspekte het my loop staan en klop aan depressive se deur. Terwyl ek werelds dinge doen hou ek my droom agter in my kop. Ek studeer onderwys aan die Universiteit van Noord Wes. Maar nie eens dit vul my void nie.

 

Soos ek deur die lewe gaan (en ek het nog simmer baie om deur te gaan) besef ek dat daar is soveel vrae wat ek het vrae wat my kerk, ouers, onderwysers, vriende en gemeenskap moes kon beantwoord, maar te konserwatief is ons hedendagse KHOISANS, om vra te vrae is onvanpas.

My ma het my altyd “Boesman”genoem en ekt dit gehaat, tot later. Toe ek besef wie Hulle is, wie Ek is. Deur die gee ek herken aan my vergete voor Ouers. Die van my generasie, die van my ouers en hulle voorouers. Die Khoisan die vergete first inhabitant.

 

Ek skryf sonder om gejudge te word, maar om te connect met daai Khoisan wie voel hy/sy is/word ontneem van sy Heritage. Om trots te staan en ook Kullid (coloured) as ‘n derogatory word te sien van ons is almal khoisan.

 

Daarvoor skryf ek die volgende dit is unapologetic. Dit is my word, my gedagtes vol spel foute dit is Afrikaans soos ek hom ken soos ek hom praat, gewone Afrikaans gemeng met my nearly extinct Moeder taal en so ‘n bietjie vanni rooi taal.

 

Geen judgement, geen vinger wys slegs vrae in my kop!